Oor Ons!
“Sien hoe ons saam groei, aanbid en mekaar ondersteun in die teenwoordigheid van die Here.”
“Moenie dat iemand op jou neerkyk omdat jy jonk is nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges…” – 1 Timoteus 4:12
By Oasis Kairos Jeug glo ons nie die jeug is die kerk van die toekoms nie—julle is die kerk van VANDAG. Dit is ‘n plek waar jy jouself kan wees, vrae kan vra en kan ontdek wie God werklik is, weg van die geraas van die wêreld.

Kom Na my toe almal wat uitgeput oorlaai
Matt 11:28
Wat Ons Doen
RealTalk & Relevante Lering:
Ons praat oor die dinge wat saak maak in jou wêreld: identiteit, sosiale media, vriendskappe en hoe om jou geloof op skool uit te leef. Geen vervelige preke nie—net die waarheid.
Connect-Aande & Vibes:
Vriendskappe is die gom wat ons bymekaar hou. Of dit nou ‘n braai, ‘n games-aand of net ‘n kuier is, hier gaan jy vriende vind wat soos familie word.
Aanbidding met Energie:
Ons aanbid God met alles wat ons het. Dis hard, dis passievol en dis opreg.
Impak-Projekte:
Ons glo daaraan om ons hande vuil te maak vir die Koninkryk. Ons fokus daarop om ‘n verskil in ons gemeenskap te maak.
Volg die Beweging: TikTok, Instagram, Facebook.
-

Paas Herlewings Dienste 2026
Read MoreOasis Kairos Bediening Bied Aan Die Paas Herlewings Naweek 2026 3-6 April 2026 Alles Begin…
: Paas Herlewings Dienste 2026
’n Boodskap aan die Ouers:
Ons bied ‘n veilige, opbouende omgewing waar julle kinders geestelik kan groei en gesonde verhoudings kan bou. Ons visie is om jongmense toe te rus met ‘n sterk morele kompas en ‘n onwankelbare verhouding met Jesus Christus.

🎉 Dis amptelik! 🎉
Oasis Kairos Jeuggroep begin 20 Maart 2026 bymekaar kom vanaf 18h00 bymekaar tot 20h00.
Kom wees deel van ’n aand vol geloof, vriendskap, pret en inspirasie. 🙌
Almal is welkom – bring gerus ’n vriend saam!
Ons sien uit om saam met julle hierdie nuwe jeugreis te begin.
Title
Eerste Jeug Aand
Location:
58 Station Rd, Endicott, 1559
Date:
20 Maart 2026
Title
The Good Friday Gospel Revival celebration
Location:
58 Station Rd, Endicott, 1559
Date:
3 April 2026
Our Team

Dominique
Program Coordinator

Christian
Program Coordinator

Oom Jan Cronje
Mentore

Oom Kobus
Mentore
Kontak Ons
Ons glo in die krag van gebed. As jy deur ‘n moeilike tyd gaan of ‘n getuienis wil deel van wat God in jou lewe gedoen het, kontak ons gerus.
+27 83 650 2765
kerkkantoor@oasiskairos.co.za
58 Station Rd, Endicott, 1559
Find Us On:


